Waarom het jy 'n Huweliks Voorwaarde Kontrak Nodig?  Handelsvryheid.Waarom dit nie aanbeveel word om Binne Gemeenskap Van Goedere te Trou nie.

Volgens Artikel 15 van die Wet op Huweliksgoedere benodig 'n gade in die volgende gevalle skriftelike toestemming van die ander gade. 'n Persoon getroud binne gemeenskap van goedere het dus nie handelsvryheid nie. Dit is veral problematies waar so 'n persoon sy eie besigheid bedryf. Die besigheidspersoon gaan verskeie kere benodig dat sy/haar gade moet teken vir besigheidhandelinge. Insgelyks word die ander gade deurentyd blootgestel aan die besigheidsrisikos van die handeldrywende gade. Gelyke bevoegdhede van gades getroud in gemeenskap.—Behoudens die bepalings van hierdie Hoofstuk het ’n vrou in ’n huwelik in gemeenskap van goed dieselfde bevoegdhede met betrekking tot die beskikking oor die bates van die gemeenskaplike boedel, die aangaan van skulde wat van die gemeenskaplike boedel verhaalbaar is, en die bestuur van die gemeenskaplike boedel, as dié wat ’n man in so ’n huwelik onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet gehad het. 15. Bevoegdhede van gades.—(1) Behoudens die bepalings van subartikels (2), (3) en (7) kan ’n gade in ’n huwelik in gemeenskap van goed sonder die toestemming van die ander gade enige regshandeling met betrekking tot die gemeenskaplike boedel verrig. (2) So ’n gade mag nie sonder die skriftelike toestemming van die ander gade— (a) onroerende goed wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, vervreem of met verband of serwituut beswaar of enige ander saaklike reg daaroor verleen nie; (b) enige kontrak ter vervreemding of beswaring met verband of serwituut of ter verlening van enige ander saaklike reg oor onroerende goed wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, sluit nie; (c) enige aandele, effekte, obligasies, skuldbriewe, versekeringspolisse, verbande, vaste deposito’s of enige dergelike bates, of ’n belegging deur of ten behoewe van die ander gade in ’n finansiële instelling, wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, vervreem, sedeer of verpand nie; (d) enige juwele, munte, seëls, skilderye of enige ander bates wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak en hoofsaaklik as beleggings gehou word, vervreem of verpand nie; (e) geld wat op naam van die ander gade in enige rekening by ’n bankinstelling, ’n bouvereniging of die Posspaarbank van die Republiek van Suid-Afrika staan, onttrek nie; ( f ) as kredietopnemer ’n kredietooreenkoms soos omskryf in die Wet op Kredietooreenkomste, 1980 (Wet No. 75 van 1980), en waarop die bepalings van daardie Wet ingevolge artikel 2 daarvan van toepassing is, sluit nie; (g) as koper ’n kontrak soos omskryf in die Wet op Vervreemding van Grond, 1981 (Wet No. 68 van 1981), en waarop die bepalings van daardie Wet van toepassing is, sluit nie; (h) hom as borg verbind nie. (3) ’n Gade mag nie sonder die toestemming van die ander gade— (a) meubels of ander losgoed van die gemeenskaplike huishouding wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, vervreem, verpand of andersins beswaar nie; (b) geld wat aan dié ander gade of die gemeenskaplike boedel verskuldig is of toeval by wyse van— (I) besoldiging, verdienste, bonus, toelae, tantième, pensioen of gratifikasie, uit hoofde van sy beroep, bedryf, besigheid, of dienste deur hom gelewer; (ii) skadevergoeding weens verlies van inkomste beoog in subparagraaf (i); (iii) erflating, legaat, skenking, beurs of prys aan die ander gade nagelaat, bemaak, gemaak of toegeken; (iv) inkomste verkry uit die afsonderlike goed van die ander gade; (v) dividende of rente op of die opbrengs van aandele of beleggings op naam van die ander gade; (vi) die opbrengs van ’n versekeringspolis of annuïteit ten gunste van die ander gade, ontvang nie; (c) enige bate van die gemeenskaplike boedel aan ’n ander persoon skenk of dit sonder teenwaarde vervreem nie, uitgesonderd ’n bate waarvan die skenking of vervreemding nie die belang van die ander gade in die gemeenskaplike boedel onredelik benadeel of waarskynlik nie aldus sal benadeel nie, en wat nie in stryd met die bepalings van subartikel (2) of paragraaf (a) van hierdie subartikel is nie. (4) Die toestemming vereis vir die doeleindes van paragrawe (b) tot (g) van subartikel (2), en subartikel (3) kan, behalwe waar dit vir die registrasie van ’n akte in ’n registrasie- kantoor vereis word, ook by wyse van ratifikasie binne ’n redelike tyd na die betrokke handeling gegee word. (5) Die toestemming wat vir die verrigting van die handelinge beoog in paragrawe (a), (b), ( f ), (g) en (h) van subartikel (2) vereis word, moet ten opsigte van elke handeling afsonderlik gegee word en deur twee bevoegde getuies geattesteer word. (6) Die bepalings van paragrawe (b), (c), ( f ), (g) en (h) van subartikel (2) is nie van toepassing nie waar ’n handeling in daardie paragrawe beoog deur ’n gade in die gewone loop van sy beroep, bedryf of besigheid verrig word. (7) Ondanks die bepalings van subartikel (2) (c) kan ’n gade sonder die toestemming van die ander gade— (a) genoteerde effekte op die effektebeurs verkoop en genoteerde effekte sedeer of verpand ten einde genoteerde effekte te koop; (b) (I) ’n deposito wat by ’n bouvereniging of ’n bankinstelling op sy naam staan; (ii) bouverenigingsaandele wat op sy naam geregistreer is, vervreem, sedeer of verpand. (8) By die bepaling daarvan of ’n skenking of vervreemding beoog in subartikel (3) (c) nie die ander gade se belang in die gemeenskaplike boedel onredelik benadeel nie of waarskynlik nie aldus sal benadeel nie, moet die hof die waarde van die goed wat geskenk of vervreem is, die rede vir die skenking of vervreemding, die finansiële en sosiale stand van die gades, hul lewenspeil en enige ander faktor wat na die oordeel van die hof in aanmerking geneem behoort te word, in ag neem. Veral in die geval waar een van die partye 'n besigheid bedryf is dit nie aan te beveel dat die partye binne gemeenskap van goedere trou nie. In so geval is die registrasie van 'n Huweliksgoederekontrak altyd aan te beveel.   Veral in die geval waar een van die partye 'n besigheid bedryf is dit nie aan te beveel dat die partye binne gemeenskap van goedere trou nie. In so geval is die registrasie van 'n Huweliksgoederekontrak altyd aan te beveel. Indien u enige vrae het kontak skrywer gerus. Louwrens Koen Prokureur, Aktevervaardiger en Notaris Pbliek 311 Eastwood Straat, Arcadia, Pretoria Tel: 0870010733