Voorhuwelikse kontrak sonder aanwas Protokol Nr. VOORHUWELIKSE KONTRAK LAAT DIT HIERMEE BEKEND WEES DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Een Duisend Nege Honderd en (jaar) (19 ) na Christus voor my, (naam van Notaris), notaris, beëdig en toegelaat volgens wet en woonagtig en praktiserend in (stad en provinsie), Republiek van Suid-Afrika, en in die teenwoordigheid van die ondertekenende getuies, persoonlik kompareer het (naam van beoogde man) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud en (naam van beoogde vrou) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud EN die Komparante verklaar het dat nademaal die gemelde (naam van beoogde man) en (naam van beoogde vrou) (hierna genoem “die partye”) beoog om met mekaar te trou, hulle ooreengekom het: 1 Daar sal geen gemeenskap van goed en geen gemeenskap van wins en verlies tussen hulle wees met betrekking tot hul huwelik nie; 2 Die aanwasstelsel waarna verwys is in Hoofstuk 1 van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 (“die Wet”), sal nie van toepassing wees op hul beoogde huwelik nie; 3 Met die oog op die gemelde beoogde huwelik, onderneem die gemelde (naam van beoogde man) om aan die gemelde (naam van beoogde vrou) as haar enigste en absolute eiendom te skenk; (Spesifiseer – byvoorbeeld) 3.1 al die huweliksgeskenke insluitend geldgeskenke wat ontvang mag word deur enige van die partye met die oog op die gemelde beoogde huwelik; 3.2 (Spesifiseer) 4 Die gemelde skenkings sal, desnieteenstaande, onderhewig wees aan die spesiale voorwaarde dat in geval die gemelde (naam van beoogde vrou) voor die gemelde (naam van beoogde man) te sterwe kom, die bogemelde eiendom of wat daarvan mag oorbly, sal terugval aan en weer die absolute eiendom van die gemelde (naam van beoogde man) sal word en die gemelde (naam van beoogde vrou) het verklaar die gemelde skenking te aanvaar onderhewig aan die gemelde voorwaarde. Op welke voorwaardes en stipulasies die Komparante verklaar het dat hul bedoeling is om die gemelde beoogde huwelik te voltrek en onderling belowe en ooreengekom het om aan mekaar die volle werking en waarde hiervan onder verbintenis van hul persoon en eiendom volgens wet toe te laat. GETEKEN te (plek) op die voormelde dag, maand en jaar in die teenwoordigheid van die ondergetekende getuies en van my, die Notaris. As getuies: 1 (Handtekening van beoogde man) 2 (Handtekening van getuies) (Handtekening van beoogde vrou) Voor my, NOTARIS