‘N HUWELIK BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE

Volgens die Suid-Afrikaanse reg word ‘n huwelik wat sonder ‘n voorhuwelikse kontrak gesluit word, geag binne gemeenskap van goedere te wees. Wanneer partye binne gemeenskap van goedere, ontstaan ‘n gemeenskaplike boedel met die twee partye as gesamentlike administrateurs van die gesamentloke boedel.

Alle bates en skulde van beide partye, hetsy verkry voor, tydens wat hulle tydens huweliksluiting besit of daarna bekom, word in
gelyke onverdeelde dele gehou deur beide partye en beide partye is ook gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir alle laste (skulde) van enige van die partye tot die huwelik hetsy aangegaan voor of na huweliks sluiting.

Die blootstelling van die gemeenskaplike boedel aan alle skulde van beide partye voor en na huweliksluiting is 'n groot risiko veral in gevalle waar een van die partye sy of haar eie besigheid besit.

Elke party tot die huwelik het ‘n reg om die boedelbates van die gemeenskaplike boedel te vervreem alhoewel die toestemming van die
ander party tot sodanige vervreemding altyd benodig word, soms skriftelik en soms mondelings.


In die geval van dood van enige van die huwelikspartye val die hele gemeenskaplike boedel onder die administrasie van die Eksekuteur en moet die hele boedel deur die Eksekuteur beredder word. Ook hierdie aangeleentheid veroorsaak praktiese probleme tydens boedelbereddering wat vermy kon geword het deur ‘n ander huweliksbedeling te kies.