Ingevolge die WET OP HUWELIKSGOEDERE, 1984.

                                       VOLMAG OM HUWELIKSVOORWAARDES AAN TE GAAN Ons, die ondergetekendes, MAN IDENTITEITSNOMMER: MID ONGETROUD en VROU IDENTITEITSNOMMER: ONGETROUD gesamentlik sowel as afsonderlik, benoem en stel hiermee : met die mag van substitusie aan om ons wettige Prokureur en/of Agent in ons naam, plek en stede te wees, en te verskyn voor ‘n Notaris in die Provinsie van Gauteng en ‘n Huweliksvoorwaarde-kontrak te verly in die vorm en op die voorwaardes soos per aanhangsel en deur ons geparafeer en in die algemeen om voorgenoemde doeleindes te verwesenlik en om wat ook al nodig mag wees net so volledig doeltreffend te doen of te laat doen as wat ons dit sou kon doen indien ons persoonlik teenwoordig was en hierin gehandel het en ons ratifiseer, laat toe en bevestig alles wat ookal ons gemelde Prokureur en/of Agent hier kragtens wettiglik mag doen of laat doen. GETEKEN te _______________________________ OP HIERDIE ________ DAG VAN _____________________ 2016 AS GETUIES : 1. _________________________ 2. _________________________                                                                                                                                                          __________________________ MAN ___________________________ VROU PROTOKOL NO . ___________ VOORHUWELIKSE KONTRAK Met die UITSLUITING VAN DIE AANWASBEDELING Ingevolge die WET OP HUWELIKSGOEDERE, 1984 HIEMEE WORD BEKEND GEMAAK DAT op hierdie ________ dag van ________________ 2016 Voor my, PETRUS GERHARDUS LOUWRENS KOEN Notaris, praktiserend te PRETORIA in die GAUTENG PROVINSIE verskyn het, ____________ van PRETORIA, sy synde behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n Volmag geteken te ________________ op _________________ 2016 aan haar verleen deur : MAN IDENTITEITSNOMMER : ONGETROUD En VROU IDENTITEITSNOMMER : ONGETROUD en welke Volmag vandag aan my oorhandig is, en welke Volmag nou in my Protokol geliasseer is. EN die Komparant het verklaar dat nademaal daar tot ‘n huwelik ooreengekom is en dit die voorneme is dat die huwelik tussen hulle voltrek word, hulle ooreengekom het en nou soos volg met mekaar kontrakteer : 1. Daar sal geen gemeenskap van goed tussen hulle wees nie. 2. Daar sal geen gemeenskap van wins en verlies tussen hulle wees nie. 3. Dat die Aanwasbedeling waarvoor daar ingevolge die bepaling van Hoofstuk I van die Wet op Huweliksgoedere, 1984 (Wet No. 88 van 1984), voorsiening gemaak word, uitdruklik uitgesluit word. ALDUS GEDAAN EN VERLY te PRETORIA voormeld, op die eersgemelde dag, maand en jaar in teenwoordigheid van die ondergetekende getuies. AS GETUIES : 1. ______________________ 2. ______________________                                                                                                                                                                  ________________________ MAN ________________________ VROU ________________________ QUOD ATTESTOR NOTARIS