Voorbeeld Huweliks Kontrak met die aanwasbedeleing 

Voorhuwelikse kontrak met aanwas 

Protokol Nr. 

VOORHUWELIKSE KONTRAK 

LAAT DIT HIERMEE BEKEND WEES DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en ......... (jaar) (20.. ) na Christus voor my, (naam van Notaris), notaris, beëdig en toegelaat volgens wet en woonagtig en praktiserend in (stad en provinsie), Republiek van Suid-Afrika, en in die teenwoordigheid van die ondertekenende getuies,persoonlik kompareer het (naam van eertse party) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud en (naam van tweede party) Identiteitsnommer (voeg nommer in) Ongetroud EN die Komparante het verklaar dat nademaal die gemelde (naam van eesrte party) en (naam van tweede party) (hierna genoem “die partye”) beoog om met mekaar te trou, hulle ooreengekom het: 

1 Ondanks enigiets tot die teendeel in enige strydigheid van regsbeginsels vervat in en onderworpe aan die bepalings van hierdie ooreenkoms sal die vermoënsgevolge van hul beoogde huwelik en die uitleg en interpretasie van hierdie ooreenkoms gereël en gereguleer word ooreenkomstig die wette van die Republiek van Suid-Afrika soos op ( datum van ondertekening van kontrak);

2 Daar sal geen gemeenskap van goed en geen gemeenskap van wins en verlies tussen hulle wees met betrekking tot hul huwelik nie; 

3 Geen party sal aanspreeklik wees vir enige skuld of verpligting aangegaan deur die ander party voor of tydens die bestaan van hul beoogde huwelik nie; 

4 Die aanwasstelsel waarna verwys is in Hoofstuk 1 van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 (“die Wet”), maar uitsluitend enige wysigings daarvan, sal van toepassing wees op hul beoogde huwelik, daarin dat; 

4.1 By die ontbinding van die huwelik deur egskeiding of deur die dood van een of beide partye, sal die party wie se boedel geen aanwas of ’n kleiner aanwas as die boedel van die ander toon, of in geval van die dood van die eersgenoemde party, sy of haar eksekuteur ’n eis teen die ander party of sy of haar boedel hê vir ’n bedrag gelykstaande aan een helfte van die verskil tussen die aanwas van die besondere boedels van die partye; 

4.2 Die bogenoemde eis sal oorgaan by die ontbinding van die huwelik en sal nie gedurende die bestaan van die huwelik oordraagbaar wees of blootgestel wees aan beslaglegging of deel vorm van die insolvente boedel van enige party nie; 

4.3 Die aanwas van die boedel van elke party is die bedrag waarmee die netto waarde van sy of haar boedel by die ontbinding van die huwelik die netto waarde van die boedel by die aanvang van die huwelik oorskry; 4.4 Ondanks enigiets tot die teendeel hierin vervat, sal in die bepaling van die aanwas van elke party se boedel: 

4.4.1 Enige erfdele, nalatenskappe en skenkings wat enige party mag toeval gedurende die bestaan van hul huwelik en alle bates wat enige party mag verwerf het kragtens sy of haar besit of vroeëre besit van sodanige erfdele, nalatenskappe of skenkings en inkomste daaruit verkry, uitgesluit word van die aanwas van die boedel van sodanige party; 

4.4.2 Skenkings deur enige party aan die ander, anders as skenkings met die oog op die dood, nie in berekening gebring word óf as deel van die boedel van die skenker óf as deel van die boedel van die begunstigde nie; 

4.4.3 Enige bedrag wat enige party se boedel toegeval het deur skadevergoeding anders as skadevergoeding vir oorgeërfde verlies, buite rekening gelaat word; 

4.4.4 Die netto waarde van die boedel van elke party by die aanvang van hul huwelik bereken word met behoorlike voorsiening vir enige verskil in die waarde van geld wat by die aanvang en die ontbinding van hul beoogde huwelik mag bestaan en vir hierdie doel sal die aangepaste gemiddelde van die verbruikersprysindeks soos van tyd tot tyd in die Staatskoerant van die Republiek van Suid-Afrika gepubliseer of enige ander register gepubliseer as plaasvervanging daarvan dien as weerlegbare bewys van enige verandering in die waarde van geld; 

4.4.5 Die aanwas van die boedel van die oorlede party bepaal word voordat uitvoering gegee word aan enige testamentêre beskikkings, skenkings met die oog op die dood of erfopvolging ingevolge enige intestate erfreg; 

4.4.6 Die partye stem ooreen om nie enige skenkings te maak, behalwe skenkings wat redelike geskenke op feestelike geleenthede aan familielede is, sonder die skriftelike toestemming van die ander party nie en dat die waarde as rekenkundige aanpassing van enige skenking gemaak sonder die skriftelike toestemming van die ander party toegevoeg sal word tot die netto waarde van die boedel van die party wat die skenking gemaak het, wanneer die netto waardes van die boedels van die betrokke partye by ontbinding van die huwelik bereken word. 

4.4.7 Indien enige party ’n ongerehabiliteerde insolvent by die ontbinding van die huwelik is, sal die aanwasstelsel soos hierbo uiteengesit nie van toepassing wees nie en by die ontbinding van die huwelik sal elke party geregtig wees op slegs sy of haar eie boedel en losgoed. 

4.4.8 Die partye verklaar die netto waarde van hul betrokke boedels by die aanvang van hul beoogde huwelik om te wees: (naam van beoogde man) : (aanvangswaarde) 

5 Ter vasstelling van die aanwas van die Boedel van die gemelde (naam van beoogde man) is uitgesluit van die aanvangswaarde en sal uitgesluit wees van die eindwaarde van die Boedel van die gemelde (naam van beoogde man), die volgende: (Spesifiseer) Op welke voorwaardes en stipulasies die Komparant verklaar het dat die partye onderskeidelik belowe en ooreenkom om hul gemelde beoogde huwelik te voltrek en onderling belowe om aan mekaar die volle werking en waarde hiervan onder verbintenis van hul persoon en eiendom volgens wet toe te laat. 


GETEKEN te (plek) op die voormelde dag, maand en jaar in die teenwoordigheid van die ondergetekende getuies en van my, die Notaris. 

As getuies: 

1 ( Handtekening van eerste party ) 

( Handtekening van tweede party )

2 ( Handtekening van getuies)


QUOD ATTESTOR NOTARIS