Louwrens Koen Prokureurs lewer 'n omvattende Huweliksvoorwaardekontrak registrasie diens wat insluit, die opstel, advies, indien en rtegistrasie van die voorhuwelikse kontrak. Die prys van R1450 sluit alles in en daar is geen verborge kostes nie. kontak ons gerus indien u enige vrae het of die proses wil begin. Ons het reeds duisende paartjies bygestaan met die registrasie van 'n huweliksvoorwaardekontrak.

Afhangende van die samewerking van die partye neem die proses een tot 10 werkdae om te voltooi. Dit is belangrik dat die partye genoeg tyd laat vir die proses aangesien die kontrak onderteken moet word voor huweliksluiting. "n Voorhuwelikse kontrak het verreikend regs en finansiële gevolge. Dit is dus van belang dat die partye hulle opsies deeglik ondersoek alvorens besluit word op 'n huweliksgoederebedeling.
Ons sal saam die pro forma kontrak vir u 'n faktuur stuur, welke faktuur u elektronies kan betaal. Ons aanvaar ook kontant of debiet of krediet kaarte.
'n Paartjie wat  in die huwelik wil  tree het die keuse van die volgende huweliksbedelings:

* binne gemeenskap van goedere
* buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling
* buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling

1. ‘N HUWELIK BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE

Volgens die Suid-Afrikaanse reg word ‘n huwelik wat sonder ‘n voorhuwelikse kontrak gesluit word, geag binne gemeenskap van goedere te wees. Wanneer partye binne gemeenskap van goedere, ontstaan ‘n gemeenskaplike boedel met die twee partye as gesamentlike administrateurs van die gesamentloke boedel.

Alle bates en skulde van beide partye, hetsy verkry voor, tydens wat hulle tydens huweliksluiting besit of daarna bekom, word in
gelyke onverdeelde dele gehou deur beide partye en beide partye is ook gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir alle laste (skulde) van enige van die partye tot die huwelik hetsy aangegaan voor of na huweliks sluiting.

Die blootstelling van die gemeenskaplike boedel aan alle skulde van beide partye voor en na huweliksluiting is 'n groot risiko veral in gevalle waar een van die partye sy of haar eie besigheid besit.

Elke party tot die huwelik het ‘n reg om die boedelbates van die gemeenskaplike boedel te vervreem alhoewel die toestemming van die
ander party tot sodanige vervreemding altyd benodig word, soms skriftelik en soms mondelings.


In die geval van dood van enige van die huwelikspartye val die hele gemeenskaplike boedel onder die administrasie van die Eksekuteur en moet die hele boedel deur die Eksekuteur beredder word. Ook hierdie aangeleentheid veroorsaak praktiese probleme tydens boedelbereddering wat vermy kon geword het deur ‘n ander huweliksbedeling te kies.

2. BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE SONDER DIE AANWASBEDELING

In hierdie geval moet die huwelikspartye voor huweliksluiting ‘n Voorhuwelikse kontrak laat opstel en registreer . Die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uitgesluit en is elke party die eienaar van sy of haar eie boedelbates. By ontbinding van die huwelik word daar nie gedeel in die aanwas of groei van die boedels nie. Die partye nie vir mekaar se skulde aanspreeklik is nie, behalwe in gevalle waar hulle vir mekaar borg geteken het. In geval van dood word net die oorlede party se boedel geplaas onder die administrasie van ‘n Eksekuteur en beredder deur die Eksekuteur. Hierdie opsie moet omsigtig gekies word in gevalle waar die omstandighede dit regverdig.

3. BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE MET DIE AANWASBEDELING

Ook in hierdie geval word, deur middel van ‘n voorhuwelikse Notariële huweliksvoorwaardeskontrak die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uitgesluit. Elke party is dus weereens verantwoordelik vir sy of haar eie skulde en die eienaar van sy of haar eie bates.

Hierdie bedeling maak egter daarvoor voorsiening dat bates wat tydens die duur van die huwelik bymekaar gemaak word, ongeag
op wie se naam dit geplaas word, in gelyke dele deur die partye gedeel sal word by ontbinding van die huwelik.

Hierdie bedeling is ‘n populêre keuse vir paartjies wat vir die eerste maal trou en nog nie groot en waardevolle boedels bymekaar gemaak
het nie. Aanwas beteken in wese dat behalwe vir sekere bates wat deur die partye tydens die aangaan van die aanwas uitgesluit word,
alle ander boedelbates en die groei daarvan, deel vorm van die aanwasboedel wat in gelyke dele tussen die partye verdeel sal word ingeval van dood of egskeiding. Dit is veral 'n goeie keuse waar een van die partye sy of haar eie besigheid bedryf. Die opsie gee die voordele van 'n verdeling van bates met die verdere voordeel van batebeskerming teen krediteure.

In leketaal beteken dit dus dat die partye nie aanspreeklik is vir mekaar se
skulde nie maar dat hulle weld deel in wat hulle bymekaargemaak het gedurende die bestaan van die huwelik. Die deling geskied net by die ontbinding van die huwelik wat plaasvind by die dood van een van die partye of egskeiding. Hierdie huweliksbedeling laat baie buigbare en kreatiewe boedel beplanning toe.

Die “aanwas” is die mate wat partye se onderskeie boedels gegroei het by die ontbinding van die huwelik, in ander woorde, die bedrag wat die netto waarde van ‘n gade gegroei het oor oor die periode van die huwelik. Die aanwas van die partye word van mekaar afgetrek en die gade wat die minste aanwas getoon het, het ‘n eis van 50% in die verskil tussen die partye se aanwas. Die Aanvangswaarde van die betrokke partye word opgegee by die sluiting van die huweliksvoorwaardekontrak en reflekteer die party se netto batewaarde op
daardie stadium. Indien u onseker is hoe dit bereken word kan u die vorm in die aflaai seksie gebruik gebruik om u netto batewaarde te bepaal.