Ingevolge artikel 6(1) van die Wet op Huweliksgoedere kan ‘n party tot ‘n voorgenome huwelik, wat nie die waarde in die kontrak uiteensit vir die doel om ʼn bewys te lewer van die bates van sy of haar boedel teen die tyd van die aanvang van die huwelik nie, dit binne ses maande van die sluiting van die huwelik in ‘n verklaring bevestig met behulp van ’n notaris. 

Ingevolge artikel 6 (4) van die Wet op Huweliksgoedere word die netto waarde van die boedel van ‘n gade as nul geag ten tye van die huwelik, indien die betrokke party nie die bewys betyds lewer nie. In effek is so ‘n kontrak geldig, maar dit sal beteken dat ʼn huwelik as binne gemeenskap van goederebeskou, aangesien daar niks van die oploping uitgesluit is nie.