Bevoegdhede van gades getroud binne gemeenskap van goed.

 15. Bevoegdhede van gades.—(1) Behoudens die bepalings van subartikels (2), (3) en (7) kan ’n gade in ’n huwelik in gemeenskap van goed sonder die toestemming van die ander gade enige regshandeling met betrekking tot die gemeenskaplike boedel verrig. (2) So ’n gade mag nie sonder die skriftelike toestemming van die ander gade— (a) onroerende goed wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, vervreem of met verband of serwituut beswaar of enige ander saaklike reg daaroor verleen nie; (b) enige kontrak ter vervreemding of beswaring met verband of serwituut of ter verlening van enige ander saaklike reg oor onroerende goed wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, sluit nie; (c) enige aandele, effekte, obligasies, skuldbriewe, versekeringspolisse, verbande, vaste deposito’s of enige dergelike bates, of ’n belegging deur of ten behoewe van die ander gade in ’n finansiële instelling, wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, vervreem, sedeer of verpand nie; (d) enige juwele, munte, seëls, skilderye of enige ander bates wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak en hoofsaaklik as beleggings gehou word, vervreem of verpand nie; (e) geld wat op naam van die ander gade in enige rekening by ’n bankinstelling, ’n bouvereniging of die Posspaarbank van die Republiek van Suid-Afrika staan, onttrek nie; ( f ) as kredietopnemer ’n kredietooreenkoms soos omskryf in die Wet op Kredietooreenkomste, 1980 (Wet No. 75 van 1980), en waarop die bepalings van daardie Wet ingevolge artikel 2 daarvan van toepassing is, sluit nie; (g) as koper ’n kontrak soos omskryf in die Wet op Vervreemding van Grond, 1981 (Wet No. 68 van 1981), en waarop die bepalings van daardie Wet van toepassing is, sluit nie; (h) hom as borg verbind nie. (3) ’n Gade mag nie sonder die toestemming van die ander gade— (a) meubels of ander losgoed van die gemeenskaplike huishouding wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, vervreem, verpand of andersins beswaar nie; (b) geld wat aan dié ander gade of die gemeenskaplike boedel verskuldig is of toeval by wyse van— (I) besoldiging, verdienste, bonus, toelae, tantième, pensioen of gratifikasie, uit hoofde van sy beroep, bedryf, besigheid, of dienste deur hom gelewer; (ii) skadevergoeding weens verlies van inkomste beoog in subparagraaf (i); (iii) erflating, legaat, skenking, beurs of prys aan die ander gade nagelaat, bemaak, gemaak of toegeken; (iv) inkomste verkry uit die afsonderlike goed van die ander gade; (v) dividende of rente op of die opbrengs van aandele of beleggings op naam van die ander gade; (vi) die opbrengs van ’n versekeringspolis of annuïteit ten gunste van die ander gade, ontvang nie; (c) enige bate van die gemeenskaplike boedel aan ’n ander persoon skenk of dit sonder teenwaarde vervreem nie, uitgesonderd ’n bate waarvan die skenking of vervreemding nie die belang van die ander gade in die gemeenskaplike boedel onredelik benadeel of waarskynlik nie aldus sal benadeel nie, en wat nie in stryd met die bepalings van subartikel (2) of paragraaf (a) van hierdie subartikel is nie. (4) Die toestemming vereis vir die doeleindes van paragrawe (b) tot (g) van subartikel (2), en subartikel (3) kan, behalwe waar dit vir die registrasie van ’n akte in ’n registrasie- kantoor vereis word, ook by wyse van ratifikasie binne ’n redelike tyd na die betrokke handeling gegee word. (5) Die toestemming wat vir die verrigting van die handelinge beoog in paragrawe (a), (b), ( f ), (g) en (h) van subartikel (2) vereis word, moet ten opsigte van elke handeling afsonderlik gegee word en deur twee bevoegde getuies geattesteer word. (6) Die bepalings van paragrawe (b), (c), ( f ), (g) en (h) van subartikel (2) is nie van toepassing nie waar ’n handeling in daardie paragrawe beoog deur ’n gade in die gewone loop van sy beroep, bedryf of besigheid verrig word. (7) Ondanks die bepalings van subartikel (2) (c) kan ’n gade sonder die toestemming van die ander gade— (a) genoteerde effekte op die effektebeurs verkoop en genoteerde effekte sedeer of verpand ten einde genoteerde effekte te koop; (b) (I) ’n deposito wat by ’n bouvereniging of ’n bankinstelling op sy naam staan; (ii) bouverenigingsaandele wat op sy naam geregistreer is, vervreem, sedeer of verpand. (8) By die bepaling daarvan of ’n skenking of vervreemding beoog in subartikel (3) (c) nie die ander gade se belang in die gemeenskaplike boedel onredelik benadeel nie of waarskynlik nie aldus sal benadeel nie, moet die hof die waarde van die goed wat geskenk of vervreem is, die rede vir die skenking of vervreemding, die finansiële en sosiale stand van die gades, hul lewenspeil en enige ander faktor wat na die oordeel van die hof in aanmerking geneem behoort te word, in ag neem. (9) Wanneer ’n gade in stryd met die bepalings van subartikel (2) of (3) van hierdie artikel, of ’n bevel kragtens artikel 16 (2), ’n transaksie met ’n persoon aangaan en— (a) dié persoon nie weet en redelikerwys kan weet dat die transaksie in stryd met daardie bepalings of bevel aangegaan word nie, word daar geag dat die betrokke transaksie aangegaan is met die toestemming wat ingevolge genoemde subartikel (2) of (3) vereis word, of terwyl die betrokke bevoegdheid van die gade nie opgeskort was nie, na gelang van die geval; (b) die gade weet of redelikerwys behoort te weet dat hy waarskynlik nie die toestemming wat ingevolge genoemde subartikel (2) of (3) vereis word, sal verkry nie of dat die betrokke bevoegdheid opgeskort is, na gelang van die geval, en die gemeenskaplike boedel as gevolg van die transaksie ’n verlies ly, moet verrekening ten gunste van die ander gade by die verdeling van die gemeenskaplike boedel geskied. 16. Gebrek aan toestemming, en opskorting van gade se bevoegdhede.—(1) Wanneer ’n gade die toestemming wat ingevolge subartikel (2) of (3) van artikel 15 , of artikel 17, vereis word, weerhou, of wanneer die toestemming om ’n ander rede nie verkry kan word nie, kan ’n hof op aansoek van die ander gade hom verlof gee om die transaksie sonder die vereiste toestemming aan te gaan indien die hof oortuig is dat, in die geval waar die toestemming weerhou word, die weerhouding onredelik is of, in enige ander geval, daar goeie rede bestaan om van die toestemming af te sien. (2) Indien ’n hof oortuig is dat dit ter beskerming van ’n gade se belang in die gemeenskaplike boedel noodsaaklik is, kan hy op aansoek van daardie gade enige bevoegdheid wat die ander gade kragtens hierdie Hoofstuk mag uitoefen, vir ’n bepaalde of ’n onbepaalde tydperk ops                    


You can also change the title listed above and add new articles as well. Edit your Articles from the Pages tab by clicking the edit button. This is a generic article you can use for adding article content / subjects on your website.
You can edit all of this text and replace it with anything you have to say in your news/topic article. You can also change the title listed above and add new articles as well.
Edit your Articles from the Pages tab by clicking the edit button. This is a generic article you can use for adding article content / subjects on your website.

You can edit all of this text and replace it with anything you have to say in your news/topic article. You can also change the title listed above and add new articles as well. Edit your Articles from the Pages tab by clicking the edit button. This is a generic article you can use for adding article content / subjects on your website. You can edit all of this text and replace it with anything you have to say in your news/topic article. You can also change the title listed above and add new articles as well. Edit your Articles from the Pages tab by clicking the edit button. This is a generic article you can use for adding article content / subjects on your website.

You can edit all of this text and replace it with anything you have to say in your news/topic article. You can also change the title listed above and add new articles as well. Edit your Articles from the Pages tab by clicking the edit button.