Ons het reeds duisende paartjies bygestaan met die registrasie van 'n voorhuwelikse kontrak.

Trou jy binnekort? oorweeg Huwelikskontrak.   image
As jy die groot besluit geneem het om te trou, besef jy gou dat daar baie besluite geneem moet word. Behalwe die rok, troue en onthaal, is daar ook 'n belangrike regsbesluit wat jy met jou verloofde moet maak naamlik of jy nou 'n huweliksooreenkoms nodig het of nie. Met ander woorde of jy binne of buite gemeenskap van goedere gaan trou. Aangesien u besluit  u regstatus, kontraktuele vryheid en risiko profiel sal beïnvloed, is dit belangrik om u opsies vir huweliksgoederebedeling noukeurig te verken voordat u die huwelik sluit.


Op hierdie webwerf vind u die insiggewende artikels wat u instaat sal stel om die regte besluit te neem. Louwrens Koen Prokureurs sal u graag help om u spesifieke omstandighede te bespreek.